Hoe om…

Hoe om as gebruiker te registreer

  • Klik op ‘Registreer’
  • Vul die blokkies in en kies jou eie wagwoord (password?)
  • Klik op registreer

Koop Fluister-note

  • Teken in
  • Klik op ‘Fluister-note’ (Vul aan)
  • Kies hoeveel Fluister-note jy wil koop. Onthou, hoe meer jy koop, hoe goedkoper raak dit.
  • Betaal die geld in die bankrekening oor deur middel van EFT of bankdeposito.

Bankbesonderhede

Naam van bank: ABSA
Naam van rekeninghouer: Flam Musiek-Uitgewers
Rekeningnommer: 4078547822
Takkode: 632 005

Jou verwysing is “Fluister + jou voorletters.

Epos jou bewys van betaling na [email protected] of faks na Æ 086 639 6070.

Predikante/Skribas moet daarop let dat hulle ook Fluister-note op hul Gemeente-rekening kan koop. Kontak be[email protected] of skakel die deeloproep-nommer 0860 26 33 42.

Jou Fluister-note sal gedurende besigheidsure binne 24-uur geaktiveer word. LW! Indien jy dus op Vrydagmiddag, 17:00, jou note aanvul, mag dit dalk eers teen Maandag geaktiveer word. Koop dus betyds genoeg note.

Hoe om ’n song op www.fluister.co.za te kry

  • Klik op die tab ‘Soek’ bo-aan die bladsy
  • Jy kan die titel van die lied soek, die kunstenaar/band wat dit uitgevoer het of volgens die Album waarop die song verskyn het.
  • As jy ’n woord invoer wat deel uitmaak van ’n ander woord (bv. Fluister en Fluistering) sal die rekenaar vir jou alle moontlikhede gee, nie net die mees korrekte een nie.

Om ’n song te download (met Fluister-note)

  • Teken in
  • Soek die song
  • As jy jou song gekry het, klik op “Koop” – die song gaan lê onmiddellik in jou mandjie.
  • As jy nog ’n song wil koop, kan jy dit gaan soek en weer in jou mandjie gooi.
  • Dit is nie moontlik om dieselfde lied meer as 1 keer op ’n slag in jou mandjie te gooi nie.
  • Wanneer jy al die liedere het wat jy gesoek het, klik op ‘In my mandjie’.
  • Maak seker dat jy die regte mp3’s gemerk het – na hierdie stap, kan jy nie weer die proses omkeer nie.

Klip op ‘Koop met Fluister ¯

  • Die download link sal nou op jou skerm verskyn. Klik daarop wanneer jy gereed is om te download.
  • Die ‘Save As’ blokkie verskyn nou. Gee die mp3 ’n naam (sy default-naam is altyd net download) en gaan save dit op ’n plek waar jy dit weer gaan kry.
  • Die download link sal ook na jou e-posadres gepos word. Bêre die link iewers op ’n veilige plek, sodat wanneer jou mp3-player se data verloor, jy altyd weer die lied kan kom aflaai.
  • Jy is geregtig om die lied op al jou mp3-spelers te sit en om ’n kopie op jou rekenaar te stoor. Jy mag dit egter nie verder versprei nie – dit sou neerkom op diefstal. Indien jy die song vir iemand wil stuur, bv. as geskenk, kan jy bloot twee keer betaal.

Om ’n song te download (met jou kredietkaart)

  • Volg dieselfde stappe as wanneer jy sou betaal met Fluister-note.
  • Die grootste verskil is dat indien jy met jou kredietkaart wil betaal, jy slegs 1 produk op ’n slag in die Fluister-mandjie kan gooi. Wanneer jy dus klik op ‘In jou mandjie’ en kies vir ‘Betaal met jou kredietkaart’ sal jy outomaties na ‘Safeshop’ geneem word. Hier kan jy wel die song eers in jou mandjie los, terugkeer na die website en verder inkopies doen.
  • Wanneer jy al die liedere gekies het, kan jy uitcheck deur die prosedures op SafeShop verder te volg.
  • Jy sal ’n download link kry en dit sal weereens na jou e-posadres gepos word. Bêre die link iewers op ’n veilige plek, sodat wanneer jou mp3-player se data verloor, jy altyd weer die lied kan kom aflaai.
  • Jy is geregtig om die lied op al jou mp3-spelers te sit en om ’n kopie op jou rekenaar te stoor. Jy mag dit egter nie verder versprei nie – dit sou neerkom op diefstal. Indien jy die song vir iemand wil stuur, kan jy bloot twee keer betaal.