Wat is fout met ons musiekbedryf?
Don Chapman: What Ruined Contemporary Worship...
Sing tot die Here se eer! (BM Kerkmusiek)
Dit is met dankbaarheid dat Bybel-Media die volgende inligting oor gemeentesang uit die Liedboek, VONKK- en Flam-liedere wil deurgee. 1. Die kopiereg van die Liedboek-liedere behoort aan Bybel-Media, reeds sedert 2004 toe NG Kerk-uitgewers by dié organisasie ingelyf is. Histories het Lux Verbi tot in 2011, toe dié instansie volledig in die Media24-stal oorgegaan het, Liedboek se sake bestuur. 2. Bybel-Media dra die koste van VONKK en Flam se ontwikkeling van nuwe liedere. Die grootste gedeelte van VONKK se kopiereg behoort aan Bybel-Media. In die geval van Flam, berus die kopiereg egter meesal aan die oorspronklike kunstenaars. 3. Die Christian Copyright Licensing International (CCLI) hanteer namens Bybel-Media die administrasie van die elektroniese verspreiding en insameling van jaarlikse lisensiegeld. Dié organisasie het homself oor die jare as ‘n spesialis op dié gebied bewys. Liedboek van die kerk Bybel-Media hou rekening met die feit dat die ekonomiese klimaat baie gemeentes op die oomblik laat noustrop trek. Daarom geld t.o.v. Liedboek vanaf Oktober 2012 die volgende reëlings: Lisensiegeld sal steeds op die grootte van ‘n gemeente se lidmaattal volgens die Jaarboek bereken word. Sedert 2012 word slegs belydende lidmate in ag geneem (vantevore: belydend + dooplidmate). ‘n Nuwe, kleiner kategorie vir die bepaling van lisensiegeld word ingestel, naamlik 0 – 300 belydende lidmate (vantevore was dit 0 – 500). Daar is dus nou vyf kategorieë. Dit is veral vir kleiner gemeentes voordelig. VONKK ‘n Afsonderlike VONKK-lisensie word vanaf Oktober 2012 ingestel – teen net R300 per jaar, ongeag die grootte van die gemeente of hoeveel keer liedere gebruik word! VONKK se liedere sal steeds net met die inpons van ‘n kode op die VONKK-webtuiste www.vonkk.co.za beskikbaar wees. Met hierdie lisensie kry ‘n gemeente toegang tot meer as 300 eietydse klassieke en meditatiewe liedere se bladmusiek en Powerpoints. Die lisensie verleen ook die reg tot elektroniese dataprojektering. Die grootste voordeel van hierdie nuwe aparte VONKK-lisensie is: dat dit nou geen tydrowende rapportering van liedere meer sal inhou nie. Gemeentes met ’n VONKK-lisensie sal ook alle bladmusiek en Powerpoints op ’n geheue-stokkie by Bybel-Media kan aankoop en jaarliks laat opdateer. (Hierdie voordeel kan gemeentes baie tyd spaar omdat hulle nie die liedere van die internet hoef af te laai nie.) Gemeentes kan ook mettertyd bestaande opnames van VONKK-liedere per geheuestokkie of DVD in MP3-formaat by Bybel-Media aankoop. Reeds 139 van die VONKK-liedere is al so opgeneem. Dit kan ook as begeleiding dien in gemeentes en klein-groepe vir gemaklike saamsing. Gemeentes wat reeds VONKK-toegang het, hoef niks ekstra te doen om na die nuwe lisensie oor te skakel nie. Opbetaalde lisensiehouers se toegangskodes bly geldig. FLAM Die kontemporêre liedere van Flam...
Hoekom sing ons?
Ek het so paar weke terug die opmerking gemaak dat kerkmusiek ook lekker moet wees – ek het nogal redelik reaksie gekry hieroor. ’n Paar baie ernstige mense het vir my laat weet dat ‘lekker’ nie ’n norm kan wees wanneer dit by aanbidding kom nie. Ek het so bietjie verder gaan dink daaroor en opgelees en onder andere afgekom op ’n blog van TJ Miller – hy is Pastor of Worship Arts by die Walloon Lake Community Church, in Michigan in die VSA. Die blog is getiteld “Why we sing” – hoekom sing ons enigsins in die Kerk, hoekom sing ons in die samekomste van gelowiges, in Bybelstudiegroepe, op jeugkampe. Hy sê: Ons sing WANT: Ons geniet dit om te sing. Dis lekker. Musiek is ’n deel van ons lewe en dit is ’n manier om ons hart teenoor God uit te druk en om ons verhouding met die Here te ondersoek. Ons sing want dis goed vir ons. MAAR disnie hoekom ons sing nie. Hy sê: Ons sing WANT: Ons sang ‘connect’ ons met mekaar. Dis iets wat ons tydens ’n erediens sáám kan doen. Dis ’n belangrike deel van die gom van wat ons aanmekaar laat vashou. Dis deel van ons identiteit en dis deel van ons verhouding met mekaar. Dink maar aan ’n kerk soos Hillsongs wat bekend geword het, wêreldwyd, juis vir hulle musiek. MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie. Hy sê: Ons sing WANT: Sang is ’n manier om die Here te dien. Ons eer Hom wanneer ons ons deeltjie doen om ’n ruimte te skep, ’n geleentheid te skep, ’n uitnodiging te rig, waarin mense die Koning kan aanbid. Ons eer Hom deur ons trots eenkant toe te skuif – onsself weerloos te stel deur ons harte oop te maak, sodat ander kan sien hoe ons in die openbaar met die Here kontak maak. MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie. Hy sê: Ons sing WANT: Sang maak ’n impak op ons verstand. Die lirieke, die teks van liedere, is ‘teaching’, dis dogma, Bybelse waarhede wat ons iets van God leer. Liedere versterk Bybelse waardes en is deel van die proses om ons gedagtes te vernuwe. Liedere help ons om die fokus weg te skuif van onsself en om ons oë op Jesus te rig. MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie. Hy sê: Ons sing WANT: Sang is ’n manier waarop ons iets aan God kan teruggee. Dis deel van ons lofoffer, ons ‘sacrifice of praise’, wat ons...
Gepraat van plate wat vashaak!
In Die By (29 Maart 2014) – die bylae by die Burger – lees ek so paar jaar gelede hoe retro nou weer mode raak. Hulle haal hierdie guru aan wat blykbaar voorspel het dat verouderde tegnologie weer kuns gaan raak. Hy sê – dis nou McLuhan, die guru: “We look at the present through a rear-view mirror. We march backwards into the future.” Agteruit die toekoms in – dit was lankal my leuse! Nou die dag op Facebook – volgens die artikel in die By – was daar ’n gesprek oor die comeback wat viniel nou maak. Dit het begin deur ’n opmerking wat ’n FB-gebruiker gemaak het wat so geklink het: “Volpunte aan die sluwe bemarker wat duisende gullible skapies kon oortuig dat platespelers en plate weer superkoel is. Dis soos om dekades ná die uitvinding van die spoeltoilet ’n klomp idiote te oortuig dat put-toilette eintlik hot … is.” Ek het egter nie die reaksie verwag wat die persoon gekry het nie. ’n Stortvloed kommentaar volg toe daarop: van hoe “warm” en “vol” die analoogklank van ’n vinielplaat klink tot hoeveel beter die omslagkuns is. (Én hoe sleg spoeltoilette eintlik vir die omgewing is.) Vir sy honneursskripsie in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria het Adriaan Pelzer getoets of plate-fanatici werklik iets beet het. Jip ’n ou het ’n honneurs hierin gedoen, mense, dit moet dus waar wees. Hy sê: “Dis voor die hand liggend dat viniel baie meer ruis het as digitale klank,” verduidelik Pelzer. “Die ruis is van ’n aard wat baie gemaklik is vir die oor en dit word pink ¬noise (pienk geruis) genoem – waar die lae frekwensies van die klank sterker is as die hoës. Dis tipies wat mens in die agtergrond hoor wanneer jy naby die see is. Pelzer het klanktoetse gedoen waar hy vir mense ’n opname gespeel het mét ruis soos op ’n plaat – en dan weer daarsonder. Hy het bevind daar is ’n direkte korrelasie tussen die oorspronklike kwaliteit van ’n opname, en die hoeveelheid mense wat digitaal bo viniel verkies. (Hoe hoër die gehalte, hoe meer mense kies digitaal.) Sy gevolgtrekking? “Mense luister liewer na die pienk geruis op ’n plaat as na die newe-effekte van swak mikrofone of kabels. Maar die newe-effek wat die vinielplaat bysit, is baie lekkerder om na te luister as amper enige ander moontlike newe-effek. As die plaat-ruis dus ander newe-effekte onhoorbaar maak, eindig jy met ’n beter eindproduk.” Nou toe nou! Ek het nog my Sonja Herholdt-plaat – en my Jannie du Toit plaat. En die CD wat hy uitgereik het getiteld: “Vaarwel aan viniel”. Ek dink hy mag...
Is die musiekbedryf regtig sterwend?
Ek het, soos soveel ander rubriekskrywers en verslaggewers, dit nou al vir die afgelope 5 jaar gesê, maar dit is asof baie nuusagentskappe nou eers wakker skrik: die musiek-industrie wêreldwyd – nie net in SA nie en nie net die gospelmusiekbedryf nie – die totale musiek-industrie wêreldwyd – is besig om stadig maar seker te sterf. ’n Groot skuif het in die mark plaasgevind en ek weet nie of ons al die volledige reperkussies hiervan besef nie. In ’n blog-artikel genaamd How One Generation Was Single-Handedly Able To Kill The Music Industry skryf die blogger en musikale entrepreneur Tom Honeyman “the old music industry is dead”. Dalk net eers, die antwoord op die multi-dimensionele vraag wat jy dalk nou mag vra: So, ek het nie eens geweet die musiekbedryf was siek nie… hoe kan dit besig wees om te sterf… en wanneer is die musiek industrie dan nou eintlik gebore? 1. Die ontstaan en ontwikkeling van die musiekbedryf Ek besef maar te goed dat musiek van die begin van die mens af al deel van ons leefwêreld was, maar tot in die 20ste eeu is musiek versprei deur middel van rondreisende en professionele musikante en later deur middel van bladmusiek. Tot in die 1800’s is hierdie musiek-industrie hoofsaaklik geskep en in standgehou en versprei deur die geldelike ondersteuning van adellikes en die kerk. Konings en kerke het musikante soos amptenare aangestel. Daar was egter hoofsaaklik twee tegnologiese ontwikkelings wat die musiekbedryf in die 20ste eeu help vestig het: (1) In die laat 1800’s het Thomas Edison die grammofoon bekendgestel en is die eerste musikale klankgrepe opgeneem. (2) In die vroeë 20ste eeu het radio tegnologie ook in so mate ontwikkel dat kommersiële radiostasies ontstaan het. Dit was dus eers in die vroeëre 20ste eeu wat ons ’n manier ontdek het waarop ons musiek aan die breë gemeenskap kon gee, musiek kon weergee en kommersieel begin versprei. Die ware ontwaking van die musiekbedryf. Dink net, vir die eerste keer in die geskiedenis van musiek, kon ’n musikant of musiekgroep vêr vêr buite hul landsgrense bekendheid verwerf, kon aanhangers ’n medium aanskaf om sodoende weer en weer en weer na hul gunsteling kunstenaars te luister. So iets was sedert die Paradys nie moontlik nie. Die eerste plate wat gebruik is, was so 7duim in omtrek en het teen 78 rewolusies per minuut gedraai. Dit kon aanvanklik net een snit van sowat 5 minute op ’n kant hanteer. Vandaar die naam ‘Seven Single’ – want Jan Publiek het net een liedjie op ’n slag gekoop op ’n 7 duim viniel plaat. ...
Wat sing of luister julle hierdie Pinkster?
Noudat Pinkster naderkom, wil ek julle bekendstel aan liedere wat oor die Heilige Gees gaan. Laat ek myself dadelik korrigeer: Dis vir my nogal belangrik dat ons nie net VAN die Heilige Gees sing nie, maar TOT Hom. Verstaan mooi, dis nie verkeerd om VAN die Gees te sing nie, maar as ons net VAN Hom sing, dan versterk ons die dwaling dat die Gees net ’n krag is – ’n abstrakte energie – want ons weet mos Hy is ’n Persoon – Hy is God! En daarom is Hy ons lof en aanbidding waardig! Ek wil dit sommer reg aan die begin sê dat ons nie genoeg liedere het wat ons tydens Pinkster kan sing nie. Ons het derduisende Kersliedere, lofliedere, lydensliedere, opstandingsliedere – maar oor hemelvaart en Pinkster sing ons eintlik – as ons eerlik sou wees – te min. Ek weet nie hoekom dit so is nie – maar in elk geval in Afrikaans is daar te beslis te min. 1. Ek het U nodig Dis eintlik ’n aanbiddingslied, luister maar na die woorde. Dit word gesing deur Freddie Wessels en dit is van die Folgende-album. Die album word versprei deur Merchant. 2. Met my hele hart Julius Magan sing ‘Met my hele hart’ op die album ‘Roeping Lof’. Ek het dit al van te vore gesê, ek is mal oor Julius se stem – en dis eintlik so min dat hy Afrikaans sing! Jy moet dit mos net waardeer. Die album word uitgegee deur Maranatha. In ‘Met my hele hart’ word die Heilige Gees direk aanbid. “U liefde verteer my, O Heilige Gees”. 3. Hier is U Kerk Sonder dat ons dit beplan het, het hierdie lied nogal ’n tema-lied in ons gemeente geword. Dit sê so mooi wie ons is en wie ons wil wees! Wanneer ons dit sing bid ons daarmee dat die Heilige Gees oor ons moet kom, ons die gawes moet gee, sodat ons die dissipels kan wees waartoe die Here ons geroep het. Sodat ons kan dien, waar ons is Sy liefde kan bring. Dis op die Fluistering-album en word gesing deur Neil Büchner en Jandré Viljoen. 4. There’s a wind a blowin By een van die Daniel-konferensies was die lied ‘There’s a Wind a blowin’ – en dit praat natuurlik mos van die Heilige Gees wat soos ’n Sterk Wind is, wat waai waar Hy wil, wat deur ons kom waai! Die tweede vers vertel van die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag, van die tonge van vuur wat op die dissipels gekom het – ek weet nie van baie liedere...