VONKK 429 – Vriend, laat ek jou dien

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0424-2 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 429 – Vriend, laat ek jou dien

1.
Vriend, laat ek jou dien soos Christus
ons geleer het om te dien.
En mag ek deur sy genade
toelaat dat jy my ook dien.

2.
Ons is reisigers op aarde,
elkeen op sy lewensreis.
Laat ons dan mekaar se las dra,
uitreik as ons paaie kruis.

3.
Ek wil graag die lig van Christus
hooghou in jou donker uur;
graag my hand na jou toe uitsteek,
jou vertroos solank dit duur.

4.
Soos jy vreugde op jou pad vind,
wil ek in jou vreugde deel.
Saam kan ons sy Naam verheerlik
en sy goedheid dankbaar eer.

5.
As ons saamsing tot die Here,
sal ons harmonie kan vind.
Deur die band van God se liefde
word ons aan mekaar gebind.

6.
Dankie vir die vriendskapsgawe,
toonbeeld van u liefde, Heer.
Deur mekaar te dien in liefde,
eer ons U al meer en meer.

Teks: Brother, let me be your servant – Richard Gillard 1977; Afrikaanse teks: Liesel Cronjé en Jacques Louw 2019
Musiek: THE SERVANT SONG – Richard Gillard 1977
© 1977 Scripture in Song / Maranatha! Music (admin. by SHEER Publishing Africa). Met toestemming gebruik

RUBRIEK: Kontemporêr – Liefde, Dankbaarheid en Diens

Additional information

Bladmusiek

, , , , , ,

Author: Adele Lombaard

Share This Post On
468 ad