VONKK 410 – Hier waar ons voor die kruis kom staan

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0409-1-1 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 410

Hier waar ons voor die kruis kom staan

1. Hier waar ons voor die kruis kom staan
waaraan die Prins van Vrede hang,
buig ons in eerbied voor Hom neer –
Hy gee Homself in ons belang.

2.Sien op sy hoof die doringkroon.
Sien hoe deurboorde voete bloei.
Sien hoe sy hande sondaars seën.
Sien uit sy hart sy liefde vloei.

3. Help my, o Heer, om nooit te roem
op iets wat ek op aarde doen,
maar slegs in Jesus aan die kruis,
wat ook my sonde kom versoen.

4. Vir so ‘n liefde – ver en wyd –
buig ek in eerbied voor U neer.
Vir so ‘n liefde – hoog en diep –
gee ek myself, my alles, Heer.

Teks: When I survey the wondrous cross – Isaac Watts 1707; Afrikaanse weergawe – Hannes van der Merwe 2018 ©
Musiek: MORTE CHRISTE – Emrys Jones
Musiek: Openbare besit
© Afrikaanse teks: 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

Additional information

Bladmusiek

, , , , , ,

Author: Adele Lombaard

Share This Post On
468 ad