VONKK 0289 – Nagmaalsliturgie

R0.00R10.00

SKU: VONKK 0404-1 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 289

Nagmaalsliturgie

 

  1. Liturg:

Die Here is hier by julle om julle te ontmoet!

Hef julle harte op na Hom!

Laat ons dankbaar wees teenoor die Here ons God!

 

  1. Tussenspel A:

 

  1. Liturg:

Liefdevolle Vader,

Ons loof en dank U, omdat U vir ons lief is.

Saam met al die gelowiges oor die hele wêreld en oor die tyd sing ons U eer:

 

  1. Uitroep 1:

Ere aan God, ere aan God,

ere aan God in die hoogste!

 

  1. Tussenspel A:

 

  1. Liturg:

Omdat U vir ons lief is, het U vir ons die lewe in hierdie pragtige wêreld gegee. 

Saam met al die gelowiges sing ons U eer:

 

  1. Uitroep 1:

Ere aan God, ere aan God,

ere aan God in die hoogste!

 

  1. Tussenspel A:

 

  1. Liturg:

Omdat U vir ons lief is, het U u Seun, Jesus Christus, na ons gestuur om ons so na U terug te bring. 

So het U ons as kinders in u geloofsfamilie bymekaar gemaak. 

Saam met al die gelowiges sing ons U eer:

 

  1. Uitroep 1:

Ere aan God, ere aan God,

ere aan God in die hoogste!

 

  1. Tussenspel 1:

 

  1. Liturg:

Vir al u liefde dank ons U. 

Ons voeg ons stem by al die engele en al die gelowiges om u troon:

 

  1. Uitroep 2:

Heilig, heilig, heilig, Heer, God Almagtig, God van krag.

Hosanna! Hosanna! Hosanna in die hoogste!

Hosanna! Hosanna! Hosanna vir die Heer!

Hemel en aarde’s vol van u glorie;

Heilig, heilig, heilig, Heer!

Hosanna! Hosanna! Hosanna in die hoogste!

Hosanna! Hosanna! Hosanna vir die Heer!

 

  1. Uitroep 3:

Hy is geseënd wat kom in God’s Naam.

Hy is geseënd wat kom in God’s Naam.

Hosanna! Hosanna! Hosanna in die hoogste!

Hosanna! Hosanna! Hosanna vir die Heer!

 

15 Tussenspel A:

 

  1. Liturg:

Ons prys die Naam van Jesus, wat U gestuur het om die Vriend en Verlosser te wees vir sondaars.

Hy het ons kom wys hoe ons U kan liefhê, Vader, deur vir mekaar lief te wees.

Hy het gekom om ons sondes weg te neem en ons van die haat te bevry wat U so ongelukkig maak. 

Hy het belowe om vir ons die Heilige Gees te stuur om vir altyd by ons te wees, sodat ons soos u kinders kan leef.

 

  1. Uitroep 3:

Hy is geseënd wat kom in God’s Naam.

Hy is geseënd wat kom in God’s Naam.

Hosanna! Hosanna! Hosanna in die hoogste!

Hosanna! Hosanna! Hosanna vir die Heer!

 

  1. Tussenspel B:

 

  1. Liturg: (staande)

Grote God, ons vra U nou om deur u Gees ons siele, ons geloof te voed met die tekens van die liggaam en die bloed van ons Here, Jesus Christus.

Die nag voor Hy gesterf het, het Jesus aan die tafel brood geneem, God gedank, die brood gebreek, dit aan die dissipels gegee met die woorde:  

“Neem, eet.  Dit is my liggaam wat vir julle gebreek word.”

(deel nou die brood uit)

 

  1. Uitroep 4:

Jesus, dis Hy wat die lewe bring.

Jesus, dis Hy wat die lewe bring.

 

  1. Tussenspel B:

 

  1. Liturg: (staande)

Na die ete het Jesus die beker geneem, God gedank en dit vir sy dissipels gegee met die woorde:

“Neem, drink almal daaruit. 

Dit is my bloed, die nuwe en ewige verbond. 

My bloed word gestort vir julle tot volkome vergifnis van al julle sonde.”

(deel nou die wyn uit)

  

  1. Uitroep 4:

Jesus, dis Hy wat die lewe bring.

Jesus, dis Hy wat die lewe bring.

 

  1. Tussenspel B:

 

  1. 25. Liturg:

Jesus het toe gesê: 

“Doen dit tot my gedagtenis.”

En Vader, so onthou ons dat Jesus gesterf het, opgestaan het en ons verlos het deur self die offerande te word.

 

  1. Uitroep 5:

Ons prys U vir u grote liefde, Heer.

Ons prys U vir u getrouheid, Heer.

 

  1. Tussenspel C:

 

  1. Liturg:

O Here God, luister tog na ons gebed.

Stuur ook aan ons die Heilige Gees om u gawes vir ons te gee hier aan u tafel. 

Laat u Gees ons hier aan mekaar bind aan die tafel as ’n familie van God, as ’n gemeenskap van gelowiges.

 

  1. Uitroep 5:

Ons prys U vir u grote liefde, Heer.

Ons prys U vir u getrouheid, Heer.

 

  1. Tussenspel C:

 

  1. Liturg:

Laat ons hier aan die tafel besef dat ons aan die einde van die tyd deel sal hê aan die hemelse feesmaal. 

Laat ons viering van die Nagmaal ons nou reeds ’n voorsmaak gee van daardie hemelse fees waaraan u kinders sal deel hê. 

Daar sal ons saam met al u kinders u lof besing tot in ewigheid.

 

  1. Uitroep 5:

Ons prys U vir u grote liefde, Heer.

Ons prys U vir u getrouheid, Heer.

 

  1. Tussenspel A:

 

  1. Liturg:

Aan U behoort die eer en die heerlikheid, o Vader, Seun en Heilige Gees – nou en tot in alle ewigheid!

 

  1. Uitroep 6:

Amen. Amen. Amen. Halleluja!

Amen. Amen. Halleluja! Amen.

 

  1. Seën: (liturg)

Die genade van ons Here, Jesus Christus, en die liefde van God sal by julle wees en bly,

Saam met die teenwoordigheid van die heilige Gees in julle lewe – elke oomblik van elke dag.

 

  1. Uitroep 6:

 Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2017 ©

Musiek: Gerrit Jordaan 2018 ©

© 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

RUBRIEK:  Kontemporêr – Nagmaal

 

Additional information

Bladmusiek

, , , , , ,

Author: Adele Lombaard

Share This Post On
468 ad