Is die musiekbedryf regtig sterwend?

Ek het, soos soveel ander rubriekskrywers en verslaggewers, dit nou al vir die afgelope 5 jaar gesê, maar dit is asof baie nuusagentskappe nou eers wakker skrik:  die musiek-industrie wêreldwyd – nie net in SA nie en nie net die gospelmusiekbedryf nie – die totale musiek-industrie wêreldwyd – is besig om stadig maar seker te sterf.  ’n Groot skuif het in die mark plaasgevind en ek weet nie of ons al die volledige reperkussies hiervan besef nie.

 

In ’n blog-artikel genaamd How One Generation Was Single-Handedly Able To Kill The Music Industry skryf die blogger en musikale entrepreneur Tom Honeyman “the old music industry is dead”.

 

Dalk net eers, die antwoord op die multi-dimensionele vraag wat jy dalk nou mag vra:

So, ek het nie eens geweet die musiekbedryf was siek nie… hoe kan dit besig wees om te sterf… en wanneer is die musiek industrie dan nou eintlik gebore? 

 

1.    Die ontstaan en ontwikkeling van die musiekbedryf

Ek besef maar te goed dat musiek van die begin van die mens af al deel van ons leefwêreld was, maar tot in die 20ste eeu is musiek versprei deur middel van rondreisende en professionele musikante en later deur middel van bladmusiek.

 

Tot in die 1800’s is hierdie musiek-industrie hoofsaaklik geskep en in standgehou en versprei deur die geldelike ondersteuning van adellikes en die kerk.  Konings en kerke het musikante soos amptenare aangestel.

 

Daar was egter hoofsaaklik twee tegnologiese ontwikkelings wat die musiekbedryf in die 20ste eeu help vestig het:

 

(1)         In die laat 1800’s het Thomas Edison die grammofoon bekendgestel en is die eerste musikale klankgrepe opgeneem.

 

(2)        In die vroeë 20ste eeu het radio tegnologie ook in so mate ontwikkel dat kommersiële radiostasies ontstaan het.

 

Dit was dus eers in die vroeëre 20ste eeu wat ons ’n manier ontdek het waarop ons musiek aan die breë gemeenskap kon gee, musiek kon weergee en kommersieel begin versprei.  Die ware ontwaking van die musiekbedryf.

 

Dink net, vir die eerste keer in die geskiedenis van musiek, kon ’n musikant of musiekgroep vêr vêr buite hul landsgrense bekendheid verwerf, kon aanhangers ’n medium aanskaf om sodoende weer en weer en weer na hul gunsteling kunstenaars te luister.  So iets was sedert die Paradys nie moontlik nie.

 

Die eerste plate wat gebruik is, was so 7duim in omtrek en het teen 78 rewolusies per minuut gedraai.  Dit kon aanvanklik net een snit van sowat 5 minute op ’n kant hanteer.  Vandaar die naam ‘Seven Single’ – want Jan Publiek het net een liedjie op ’n slag gekoop op ’n 7 duim viniel plaat.

 

Ons praat juis van ’n “album” omdat verskeie van die plate van ’n kunstenaar – met een liedjie aan ’n kant – in ’n bundel soos ’n boek saam verpak is – letterlik ’n “plate album”.

 

Die woord ‘album’ het vasgesteek – net soos ons vandag nog van ’n “plate maatskappy” praat – al maak niemand juis meer plate nie .

 

LP’s wat staan vir ‘Long Play’ of “langspeelplate” soos ons dit in Afrikaans noem, is in 1948 deur Columbia Records bekendgestel.  Dit was rewolusionêr.  Vir die eerste keer het hulle dit reggekry om ’n plaat teen slegs 33 r.p.m. te laat draai – dus kon jy nou tot 10 liedjies op die een kant van ’n plaat inpas.  Die idee dat ’n kunstenaar ’n hele repertorium van liedere op een slag kon verkoop, is gebore.

 

Vanaf die 1930’s tot die 1980’s is hierdie LP’s van viniel gemaak en was dit die manier waarop die musiek van kunstenaars versprei, verkoop en verbruik is.

 

Ja, tussendeur is magnetiese bandopnemers ontwikkel en is dit saam met die viniel plate gebruik om opnames vas te lê en musiek te versprei, maar die LP sou eers in die laat 80’s deur die laser kompakskyf – of CD – vervang word.

 

Natuurlik – sonder dat enige iemand dit sou kon voorspel het LP’s weer hul opwagting in 2014 gemaak onder mense wat na daardie vergange era terugverlang, maar ek dink nie dis veel meer as net die produk van ’n slim bemarker nie en sal waarskynlik oor vyf jaar weer nie meer met ons wees nie.

 

En na CD’s het ons nou die digitale era bet

Author: Adele Lombaard

Share This Post On
468 ad