Groot Lydensweek

Groot LydensweekOns is in die middel van die sogenaamde Groot Lydensweek. Groot Lydensweek of ‘Holy Week’ soos baie Engelse kerke dit vier – herdenk die laaste 7 dae van Jesus se lewe op aarde. Gewoonlik skop dit af met Palmsondag – wat die Sondag was en eindig met Paassondag.

Palmsondag is gewoonlik ’n feestelike diens wat met palmtakke versier is. Baie gemeentes kry die kinders om ’n optog te hou die erediens in, terwyl hulle palmtakke swaai en skreeu: “Hosanna vir die Seun van Dawid!”

Wat die musiek egter betref: Van Maandag tot Goeie Vrydag behoort ook ons aanbidding gekenmerk te word deur stiller, meer mediatiewe musiek. Ek het al by ’n paar geleenthede vir julle voorbeelde van sulke musiek gespeel.

Saterdag staan bekend as Stille Saterdag – tradisioneel ’n dag om te vas en te bid, om jou sondes voor die Here te bely. Hier kom ’n sinnetjie wat jy nie baie van my kant af gaan hoor nie: dis ’n dag vir GEEN musiek nie! Dis Stil Saterdag.

En dan, my broer, my suster, dan kom Sondag! En Sondag is dit altyd my gebruik – ons begin die diens met doodse stilte. Stel jou dit voor: jy stap by die erediens in en geen musiek speel vooraf nie. Dis so stil soos die graf.
En dan, wanneer die diens moet begin, dan begin jy dit met ’n bang! As julle kerkgebou kerkklokke het, dan lui jy daardie kerkklokke.
As julle ’n orrel het dan sê jy vir die orrelis hy of sy moet die orrel speel met oop pype. As jy ’n band het dan begin jy met die hardste song wat jou band ken! Want dan herdenk ons die opstanding!

Gebruik liedere soos: “Hoor jy die volke” (http://fluister.co.za/wp-new/?product=hoor-jy-die-volke-ferreira-marais-folgende) – gaan laai dit af by www.fluister.co.za. Ek het dit al baie gespeel hier op Kaapse Kansel.

Of:  Hy leef – Retief Burger – daar is twee weergawes op www.fluister.co.za beskikbaar.

 Jesus Messias – van Andre van Zyl (http://fluister.co.za/wp-new/?product=jesus-messias-andre-van-zyl) .

 Kom almal laat jul stem verrys – Shofarband (http://fluister.co.za/wp-new/?product=kom-almal-laat-jul-stem-verrys-shofarband) of Duisende Daniels s’n (http://fluister.co.za/wp-new/?product=kom-almal-laat-jul-stem-verrys-jean-marais_

Author: Adele Lombaard

Share This Post On
468 ad