Wat is fout met ons musiekbedryf?

Don Chapman: What Ruined Contemporary Worship...

Read More
‘n Uitnemende musiekbediening – is jou beste goed genoeg?
Sep10

‘n Uitnemende musiekbediening – is jou beste goed genoeg?

Hoe kies julle julle aanbiddingsleiers? Soek julle excellence? Wanneer is iemand goed genoeg om in julle musiekbedieningspan te wees? Hou julle oudisies vir die sangers en musikante? Maak nie saak in watter styl jou gemeente aanbid nie – of dit nou klassiek-tradisioneel is of –kontemporêr of informeel is – watter premie plaas jou gemeente op excellence. Ek moes die woord excellence gaan opsoek het – in Afrikaans word dit uitnemendheid genoem. En ek weet, ek weet aanbidding gaan oor veel, veel meer as net die musiek tydens ’n erediens, ek praat in die besonder van die gemeentesang, die musikale aanbidding tydens ’n erediens! Ek weet nie wie het dit eerste gesê nie, maar iemand het iewers gesê: “Excellence honors God.” Ek sukkel effens om dit vertaal te kry, maar dis waarskynlik iets soos: “Wanneer jy iets uitnemend doen, kry God die eer.” Deel van my opdrag by Flam is om gemeentes te besoek en hulle te help om Flam-liedere te sing – in werklikheid om ’n uitnemende musiekbediening te hê. Flam-songs is per definisie meestal musiek wat deur ’n begeleidingsgroep, ’n band, gedoen moet word en almal het nie altyd die nodige kennis om so ’n groep te begin nie. So, my werk is om gemeentes te help wat dalk nog altyd net ’n tradisionele bediening gehad het, maar wat om watter rede ook al hulle bedieningstyl wil aanpas. Sommige gemeentes het reeds so bediening en nooi my dan om te kom help met die opleiding van hul begeleidingsgroepe of bloot om nuwe liedere aan hulle bekend te stel. Met die gevolg dat ek op ’n gereelde basis by ’n groot verskeidenheid van gemeentes betrokke is. Baie gemeentes is stadsgemeentes maar al hoe meer plattelandse gemeentes vra my om te kom help. En dis nou van hier tot in die Noorde en Ooste en Weste van ons land. Ek was al in klein plattelandse gemeentes met die mees fantastiese musikante. En ek was al by stadsgemeentes waar dit lyk asof daar niemand is wat by die musiekbediening betrokke wil raak nie. My vraag is dus gerig aan alle gelowiges: watter premie plaas jou gemeente op excellence? Ek wil ’n tweede vraag vra: dink jy beter musiek, sal jou gemeente laat groei? Bill Hybels, die stigter van Willow Creek Community Church sê hieroor: “Good enough is just not good enough when it comes to honoring God through the Church. In response to his holiness and greatness, in gratitude for his monumental sacrifice for us, our attitude ought to be to pay tribute to him with the best we can offer. Not obsessive perfectionism, but an attitude of excellence that permeates...

Read More
Sing tot die Here se eer!  (BM Kerkmusiek)
Sep01

Sing tot die Here se eer! (BM Kerkmusiek)

Dit is met dankbaarheid dat Bybel-Media die volgende inligting oor gemeentesang uit die Liedboek, VONKK- en Flam-liedere wil deurgee. 1.         Die kopiereg van die Liedboek-liedere behoort aan Bybel-Media, reeds sedert 2004 toe NG Kerk-uitgewers by dié organisasie ingelyf is. Histories het Lux Verbi tot in 2011, toe dié instansie volledig in die Media24-stal oorgegaan het, Liedboek se sake bestuur. 2.         Bybel-Media dra die koste van VONKK en Flam se ontwikkeling van nuwe liedere. Die grootste gedeelte van VONKK se kopiereg behoort aan Bybel-Media. In die geval van Flam, berus die kopiereg egter meesal aan die oorspronklike kunstenaars. 3.         Die Christian Copyright Licensing International (CCLI) hanteer namens Bybel-Media die administrasie van die elektroniese verspreiding en insameling van jaarlikse lisensiegeld. Dié organisasie het homself oor die jare as ‘n spesialis op dié gebied bewys.   Liedboek van die kerk Bybel-Media hou rekening met die feit dat die ekonomiese klimaat baie gemeentes op die oomblik laat noustrop trek. Daarom geld t.o.v. Liedboek vanaf Oktober 2012 die volgende reëlings: Lisensiegeld sal steeds op die grootte van ‘n gemeente se lidmaattal volgens die Jaarboek bereken word. Sedert 2012 word slegs belydende lidmate in ag geneem (vantevore: belydend + dooplidmate). ‘n Nuwe, kleiner kategorie vir die bepaling van lisensiegeld word ingestel, naamlik 0 – 300 belydende lidmate (vantevore was dit 0 – 500). Daar is dus nou vyf kategorieë. Dit is veral vir kleiner gemeentes voordelig.   VONKK ‘n Afsonderlike VONKK-lisensie word vanaf Oktober 2012 ingestel – teen net R300 per jaar, ongeag die grootte van die gemeente of hoeveel keer liedere gebruik word! VONKK se liedere sal steeds net met die inpons van ‘n kode op die VONKK-webtuiste www.vonkk.co.za beskikbaar wees.   Met hierdie lisensie kry ‘n gemeente toegang tot meer as 300 eietydse klassieke en meditatiewe liedere se bladmusiek en Powerpoints. Die lisensie verleen ook die reg tot elektroniese dataprojektering. Die grootste voordeel van hierdie nuwe aparte VONKK-lisensie is: dat dit nou geen tydrowende rapportering van liedere meer sal inhou nie. Gemeentes met ’n VONKK-lisensie sal ook alle bladmusiek en Powerpoints op ’n geheue-stokkie by Bybel-Media kan aankoop en jaarliks laat opdateer. (Hierdie voordeel kan gemeentes baie tyd spaar omdat hulle nie die liedere van die internet hoef af te laai nie.) Gemeentes kan ook mettertyd bestaande opnames van VONKK-liedere per geheuestokkie of DVD in MP3-formaat by Bybel-Media aankoop. Reeds 139 van die VONKK-liedere is al so opgeneem. Dit kan ook as begeleiding dien in gemeentes en klein-groepe vir gemaklike saamsing. Gemeentes wat reeds VONKK-toegang het, hoef niks ekstra te doen om na die nuwe lisensie oor te skakel nie. Opbetaalde lisensiehouers se toegangskodes bly geldig.   FLAM Die kontemporêre liedere van Flam...

Read More
Hoekom sing ons?
Aug04

Hoekom sing ons?

Ek het so paar weke terug die opmerking gemaak dat kerkmusiek ook lekker moet wees – ek het nogal redelik reaksie gekry hieroor.  ’n Paar baie ernstige mense het vir my laat weet dat ‘lekker’ nie ’n norm kan wees wanneer dit by aanbidding kom nie. Ek het so bietjie verder gaan dink daaroor en opgelees en onder andere afgekom op ’n blog van TJ Miller – hy is Pastor of Worship Arts by die Walloon Lake Community Church, in Michigan in die VSA. Die blog is getiteld “Why we sing” – hoekom sing ons enigsins in die Kerk, hoekom sing ons in die samekomste van gelowiges, in Bybelstudiegroepe, op jeugkampe.   Hy sê:  Ons sing WANT:   Ons geniet dit om te sing.  Dis lekker.  Musiek is ’n deel van ons lewe en dit is ’n manier om ons hart teenoor God uit te druk en om ons verhouding met die Here te ondersoek.  Ons sing want dis goed vir ons.  MAAR disnie hoekom ons sing nie.   Hy sê:  Ons sing WANT: Ons sang ‘connect’ ons met mekaar.  Dis iets wat ons tydens ’n erediens sáám kan doen.  Dis ’n belangrike deel van die gom van wat ons aanmekaar laat vashou.  Dis deel van ons identiteit en dis deel van ons verhouding met mekaar.  Dink maar aan ’n kerk soos Hillsongs wat bekend geword het, wêreldwyd, juis vir hulle musiek.  MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie.   Hy sê:  Ons sing WANT:   Sang is ’n manier om die Here te dien.  Ons eer Hom wanneer ons ons deeltjie doen om ’n ruimte te skep, ’n geleentheid te skep, ’n uitnodiging te rig, waarin mense die Koning kan aanbid. Ons eer Hom deur ons trots eenkant toe te skuif – onsself weerloos te stel deur ons harte oop te maak, sodat ander kan sien hoe ons in die openbaar met die Here kontak maak.  MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie.   Hy sê:  Ons sing WANT:   Sang maak ’n impak op ons verstand.  Die lirieke, die teks van liedere, is ‘teaching’, dis dogma, Bybelse waarhede wat ons iets van God leer.  Liedere versterk Bybelse waardes en is deel van die proses om ons gedagtes te vernuwe.  Liedere help ons om die fokus weg te skuif van onsself en om ons oë op Jesus te rig.  MAAR dis nie hoekom ons in die eerste plek sing nie.     Hy sê:  Ons sing WANT:   Sang is ’n manier waarop ons iets aan God kan teruggee.  Dis deel van ons lofoffer, ons ‘sacrifice of praise’, wat ons...

Read More
Gepraat van plate wat vashaak!
Jul01

Gepraat van plate wat vashaak!

In Die By (29 Maart 2014) – die bylae by die Burger – lees ek so paar jaar gelede hoe retro nou weer mode raak.  Hulle haal hierdie guru aan wat blykbaar voorspel het dat verouderde tegnologie weer kuns gaan raak.  Hy sê – dis nou McLuhan, die guru: “We look at the present through a rear-view mirror. We march backwards into the future.”  Agteruit die toekoms in – dit was lankal my leuse! Nou die dag op Facebook – volgens die artikel in die By – was daar ’n gesprek oor die comeback wat viniel nou maak.  Dit het begin deur ’n opmerking wat ’n FB-gebruiker gemaak het wat so geklink het: “Volpunte aan die sluwe bemarker wat duisende gullible skapies kon oortuig dat platespelers en plate weer superkoel is. Dis soos om dekades ná die uitvinding van die spoeltoilet ’n klomp idiote te oortuig dat put-toilette eintlik hot … is.” Ek het egter nie die reaksie verwag wat die persoon gekry het nie.  ’n Stortvloed kommentaar volg toe daarop: van hoe “warm” en “vol” die analoogklank van ’n vinielplaat klink tot hoeveel beter die omslagkuns is. (Én hoe sleg spoeltoilette eintlik vir die omgewing is.) Vir sy honneursskripsie in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria het Adriaan Pelzer getoets of plate-fanatici werklik iets beet het.  Jip ’n ou het ’n honneurs hierin gedoen, mense, dit moet dus waar wees. Hy sê:  “Dis voor die hand liggend dat viniel baie meer ruis het as digitale klank,” verduidelik Pelzer. “Die ruis is van ’n aard wat baie gemaklik is vir die oor en dit word pink ¬noise (pienk geruis) genoem – waar die lae frekwensies van die klank sterker is as die hoës. Dis tipies wat mens in die agtergrond hoor wanneer jy naby die see is. Pelzer het klanktoetse gedoen waar hy vir mense ’n opname gespeel het mét ruis soos op ’n plaat – en dan weer daarsonder. Hy het bevind daar is ’n direkte korrelasie tussen die oorspronklike kwaliteit van ’n opname, en die hoeveelheid mense wat digitaal bo viniel verkies. (Hoe hoër die gehalte, hoe meer mense kies digitaal.) Sy gevolgtrekking? “Mense luister liewer na die pienk geruis op ’n plaat as na die newe-effekte van swak mikrofone of kabels. Maar die newe-effek wat die vinielplaat bysit, is baie lekkerder om na te luister as amper enige ander moontlike newe-effek. As die plaat-ruis dus ander newe-effekte onhoorbaar maak, eindig jy met ’n beter eindproduk.” Nou toe nou!  Ek het nog my Sonja Herholdt-plaat – en my Jannie du Toit plaat.  En die CD wat hy uitgereik het getiteld:  “Vaarwel aan viniel”.  Ek dink hy mag...

Read More
Is die musiekbedryf regtig sterwend?
Jun30

Is die musiekbedryf regtig sterwend?

Ek het, soos soveel ander rubriekskrywers en verslaggewers, dit nou al vir die afgelope 5 jaar gesê, maar dit is asof baie nuusagentskappe nou eers wakker skrik:  die musiek-industrie wêreldwyd – nie net in SA nie en nie net die gospelmusiekbedryf nie – die totale musiek-industrie wêreldwyd – is besig om stadig maar seker te sterf.  ’n Groot skuif het in die mark plaasgevind en ek weet nie of ons al die volledige reperkussies hiervan besef nie.   In ’n blog-artikel genaamd How One Generation Was Single-Handedly Able To Kill The Music Industry skryf die blogger en musikale entrepreneur Tom Honeyman “the old music industry is dead”.   Dalk net eers, die antwoord op die multi-dimensionele vraag wat jy dalk nou mag vra: So, ek het nie eens geweet die musiekbedryf was siek nie… hoe kan dit besig wees om te sterf… en wanneer is die musiek industrie dan nou eintlik gebore?    1.    Die ontstaan en ontwikkeling van die musiekbedryf Ek besef maar te goed dat musiek van die begin van die mens af al deel van ons leefwêreld was, maar tot in die 20ste eeu is musiek versprei deur middel van rondreisende en professionele musikante en later deur middel van bladmusiek.   Tot in die 1800’s is hierdie musiek-industrie hoofsaaklik geskep en in standgehou en versprei deur die geldelike ondersteuning van adellikes en die kerk.  Konings en kerke het musikante soos amptenare aangestel.   Daar was egter hoofsaaklik twee tegnologiese ontwikkelings wat die musiekbedryf in die 20ste eeu help vestig het:   (1)         In die laat 1800’s het Thomas Edison die grammofoon bekendgestel en is die eerste musikale klankgrepe opgeneem.   (2)        In die vroeë 20ste eeu het radio tegnologie ook in so mate ontwikkel dat kommersiële radiostasies ontstaan het.   Dit was dus eers in die vroeëre 20ste eeu wat ons ’n manier ontdek het waarop ons musiek aan die breë gemeenskap kon gee, musiek kon weergee en kommersieel begin versprei.  Die ware ontwaking van die musiekbedryf.   Dink net, vir die eerste keer in die geskiedenis van musiek, kon ’n musikant of musiekgroep vêr vêr buite hul landsgrense bekendheid verwerf, kon aanhangers ’n medium aanskaf om sodoende weer en weer en weer na hul gunsteling kunstenaars te luister.  So iets was sedert die Paradys nie moontlik nie.   Die eerste plate wat gebruik is, was so 7duim in omtrek en het teen 78 rewolusies per minuut gedraai.  Dit kon aanvanklik net een snit van sowat 5 minute op ’n kant hanteer.  Vandaar die naam ‘Seven Single’ – want Jan Publiek het net een liedjie op ’n slag gekoop op ’n 7 duim viniel plaat.  ...

Read More
Wat sing of luister julle hierdie Pinkster?
May29

Wat sing of luister julle hierdie Pinkster?

Noudat Pinkster naderkom, wil ek julle bekendstel aan liedere wat oor die Heilige Gees gaan.   Laat ek myself dadelik korrigeer:  Dis vir my nogal belangrik dat ons nie net VAN die Heilige Gees sing nie, maar TOT Hom.  Verstaan mooi, dis nie verkeerd om VAN die Gees te sing nie, maar as ons net VAN Hom sing, dan versterk ons die dwaling dat die Gees net ’n krag is – ’n abstrakte energie – want ons weet mos Hy is ’n Persoon – Hy is God!  En daarom is Hy ons lof en aanbidding waardig!   Ek wil dit sommer reg aan die begin sê dat ons nie genoeg liedere het wat ons tydens Pinkster kan sing nie.  Ons het derduisende Kersliedere, lofliedere, lydensliedere, opstandingsliedere – maar oor hemelvaart en Pinkster sing ons eintlik – as ons eerlik sou wees – te min.   Ek weet nie hoekom dit so is nie – maar in elk geval in Afrikaans is daar te beslis te min.   1.    Ek het U nodig Dis eintlik ’n aanbiddingslied, luister maar na die woorde.  Dit word gesing deur Freddie Wessels en dit is van die Folgende-album.  Die album word versprei deur Merchant.   2.    Met my hele hart Julius Magan sing ‘Met my hele hart’ op die album ‘Roeping Lof’.  Ek het dit al van te vore gesê, ek is mal oor Julius se stem – en dis eintlik so min dat hy Afrikaans sing!  Jy moet dit mos net waardeer.  Die album word uitgegee deur Maranatha. In ‘Met my hele hart’ word die Heilige Gees direk aanbid.  “U liefde verteer my, O Heilige Gees”.   3.    Hier is U Kerk Sonder dat ons dit beplan het, het hierdie lied nogal ’n tema-lied in ons gemeente geword.  Dit sê so mooi wie ons is en wie ons wil wees!  Wanneer ons dit sing bid ons daarmee dat die Heilige Gees oor ons moet kom, ons die gawes moet gee, sodat ons die dissipels kan wees waartoe die Here ons geroep het.  Sodat ons kan dien, waar ons is Sy liefde kan bring. Dis op die Fluistering-album en word gesing deur Neil Büchner en Jandré Viljoen.   4.    There’s a wind a blowin By een van die Daniel-konferensies was die lied ‘There’s a Wind a blowin’  – en dit praat natuurlik mos van die Heilige Gees wat soos ’n Sterk Wind is, wat waai waar Hy wil, wat deur ons kom waai!  Die tweede vers vertel van die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag, van die tonge van vuur wat op die dissipels gekom het – ek weet nie van baie liedere...

Read More
Groot Lydensweek
Apr14

Groot Lydensweek

Ons is in die middel van die sogenaamde Groot Lydensweek. Groot Lydensweek of ‘Holy Week’ soos baie Engelse kerke dit vier – herdenk die laaste 7 dae van Jesus se lewe op aarde. Gewoonlik skop dit af met Palmsondag – wat die Sondag was en eindig met Paassondag. Palmsondag is gewoonlik ’n feestelike diens wat met palmtakke versier is. Baie gemeentes kry die kinders om ’n optog te hou die erediens in, terwyl hulle palmtakke swaai en skreeu: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” Wat die musiek egter betref: Van Maandag tot Goeie Vrydag behoort ook ons aanbidding gekenmerk te word deur stiller, meer mediatiewe musiek. Ek het al by ’n paar geleenthede vir julle voorbeelde van sulke musiek gespeel. Saterdag staan bekend as Stille Saterdag – tradisioneel ’n dag om te vas en te bid, om jou sondes voor die Here te bely. Hier kom ’n sinnetjie wat jy nie baie van my kant af gaan hoor nie: dis ’n dag vir GEEN musiek nie! Dis Stil Saterdag. En dan, my broer, my suster, dan kom Sondag! En Sondag is dit altyd my gebruik – ons begin die diens met doodse stilte. Stel jou dit voor: jy stap by die erediens in en geen musiek speel vooraf nie. Dis so stil soos die graf. En dan, wanneer die diens moet begin, dan begin jy dit met ’n bang! As julle kerkgebou kerkklokke het, dan lui jy daardie kerkklokke. As julle ’n orrel het dan sê jy vir die orrelis hy of sy moet die orrel speel met oop pype. As jy ’n band het dan begin jy met die hardste song wat jou band ken! Want dan herdenk ons die opstanding! Gebruik liedere soos: “Hoor jy die volke” (http://fluister.co.za/wp-new/?product=hoor-jy-die-volke-ferreira-marais-folgende) – gaan laai dit af by www.fluister.co.za. Ek het dit al baie gespeel hier op Kaapse Kansel. Of:  Hy leef – Retief Burger – daar is twee weergawes op www.fluister.co.za beskikbaar.  Jesus Messias – van Andre van Zyl (http://fluister.co.za/wp-new/?product=jesus-messias-andre-van-zyl) .  Kom almal laat jul stem verrys – Shofarband (http://fluister.co.za/wp-new/?product=kom-almal-laat-jul-stem-verrys-shofarband) of Duisende Daniels s’n...

Read More
Therene Fourie –  “Ek gee oor”
Apr01

Therene Fourie – “Ek gee oor”

Dit is vir ons ’n lekker voorreg om ’n nuwe naam aan julle bekend te stel:  Therene Fourie.  Sy het ’n lied opgeneem met die titel “Ek gee oor”. En raai-raai – wat kos hierdie fantastiese lied?  Gratis!  Jy kan dit vandag gratis aflaai en versprei dit so vêr moontlik.  Deel dit uit.  Epos dit vir jou kinders oorsee.  Laat waai. Ek moedig weereens alle kunstenaars aan, stuur julle musiek vir ons ons wil dit graag vir julle bemark en...

Read More
“Oooooh” of “Aaaaaaah”s …
Apr01

“Oooooh” of “Aaaaaaah”s …

Ek wonder oor die toenemende aantal woordelose lirieke wat al meer deesdae in kerkmusiek aangetref word: “Oooooh” of “Aaaaaaah”s.  Ek is mal oor Retief Burger se “Ek glo” en Newsboys se ‘Here we stand in awe’ – maar die ‘Oooooohhhh’  aan die begin van elke versie MOET deur die gemeente gesing word.  Nou wonder ek, pla dit julle? Bof Kauflin het ’n hele artikel geskryf getiteld  “Unpacking Wordless Lyrics in Worship” – en hy het hierdie argument wat sê dit hou mense se gedagtes besig terwyl hulle eintlik oor God moes dink.  Volgens hom is ’n musikale tussenspel veel beter want dit gee die aanbidder geleentheid om op God te fokus. Ek is byna doodseker Bob Kauflin is ’n linkerbrein ISTJ tipe-ou want as regterbrein, ENFP kan ek hom belowe, met die tweede reëltjie van die kitaar solo tussenspel wonder ek al of die ketel gekook het vir die tee na die diens. Nee, Bob maak darem ook ruimte daarvoor dat deur so ’n ’n reëltjie of twee te sing “Ooooohh’ ons help om emosies te verwoord wat nie maklik in woorde omgesit kan word nie. Die probleem kom seker vir my in as die gemeente harder sing op die ‘oos’ en “aahs’ as op die woorde.  Dan gaan dit mos weer net oor ‘lekker sing’.  Hoor my mooi, sing moet natuurlik lekker wees, maar as dit net daaroor gaan… dan is God nie meer die fokus nie. Gaan kyk ’n bietjie hoeveel liedere julle gemeente sing met ‘oohs’ en ‘aahs’ in.  Is dit veel?  Pla dit jou?  help dit jou?  Laat weet my, ek wil regtig...

Read More